Otjiwarongo Tabernakel is deel van die AGS van Namibië. Die AGS is die Apostoliese Geloof Sending en is 'n kerkgemeenskap met 'n misionale doel. Die misionale doel is om die Evangelie, die goeie nuus van Jesus Christus, aan die wêreld te verkondig volgens Jesus se opdrag in Matteus 28: 19 & 20:
19: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20: leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”